
=====================================================================
Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Leipoldt en Afrikaans

John Kannemeyer   plaas C. Louis Leipoldt se verhouding tot Afrikaans onder die loep. Leipoldt kry vanjaar besondere aandag vanwe boeke 
wat verskyn het.

Dr. C. Louis Leipoldt

C.J. LANGENHOVEN   was die taalstryder by uitstek wat daarvoor gesorg het dat Afrikaans binne die bestek van 'n tiental jare vanaf 1914 op 
die gebied van die onderwys, die kerk en uiteindelik ook die staat as volwaardige ampstaal naas Engels erken is.

Dat Langenhoven gelyk gehad het met sy feitlik fanatieke geloof in die moontlikhede van Afrikaans as kultuurtaal word deur die geskiedenis 
bevestig. In die bestek van minder as sewentig jaar het 'n literatuur tot stand gekom wat, as 'n mens die getalsterkte en ontwikkelingspeil 
van die deursnee Afrikaanstaliges in aanmerking neem, niks minder as indrukwekkend genoem kan word nie.

Die vraag ontstaan egter of alles wat Langenhoven en sy opvolgers, al was dit dan met die beste bedoelings, vir Afrikaans gedoen het, nie 
op die lange duur 'n negatiewe en kontraproduktiewe uitwerking op die ontwikkeling van die taal gehad het nie. Het die vroe vaslegging van 
die spelling, die institusionalisering van Afrikaans en veral die verknooptheid van die taal met die nasionale beweging onder die 
Afrikaners nie die vrye en spontane groei van die taal gekortwiek en in bepaalde bane gekanaliseer nie?

In hierdie verband is dit insiggewend om te kyk na wat 'n ander vroe Afrikaanse skrywer, naamlik die digter C. Louis Leipoldt, oor 
Afrikaans en sy ontwikkeling te s het. Aan Langenhoven se oorweldigende hartstog vir wat hy later as sy "lewensroeping" op aarde sou 
beskou, het Leipoldt geen aandeel gehad terwyl hy in Londen as mediese inspekteur skole besoek of op die vasteland van Europa en Nederlands-
Oos-Indi gereis het nie.

Leipoldt, wat poliglotties grootgeword en as kind meer as een taal gelees en gepraat het, kon nooit soos Langenhoven 'n stryder vir 
Afrikaans word nie en het veral geen waarde geheg aan die nasionale beweging onder Afrikaners nie. In later jare kon Leipoldt dan ook nie 
begryp waarom van sy vriende so 'n sterk standpunt in verband met moedertaalonderrig inneem nie en was die stelling "die taal is gans die 
volk", wat Langenhoven met instemming in "Afrikaans als voertaal" aanhaal, vir hom bykans sinledig. Dit is iets wat nie gestrook het met sy 
eie ervarings toe hy as kind in die pastorie op Clanwilliam Afrikaans, Nederlands, Duits en Engels afwisselend gehoor en gepraat het nie.

Nog later sou Leipoldt bedenkinge h oor die vroe amptelike erkenning van Afrikaans in 1925, omdat dit volgens hom sekere verwagtinge 
geskep het waaraan die taal in daardie stadium van ontwikkeling kennelik nie kon voldoen nie. "No language", skryf hy in 1936 in sy bydrae 
tot The Cambridge history of the British Empire,   "can permanently subsist on official recognition alone if it lacks the strength and 
capacity to survive on its own merits. For Afrikaans the danger of dystrophic development is peculiarly great, because it has alongside it 
a world language of proved permanence and adaptability." Wat hierdie uitspraak betref, kan 'n mens s dat Afrikaans vanaf die dertigerjare 
genoeg vitaliteit getoon het om by 'n snel ontwikkelende en veranderende wreld aan te pas, al het die aanwesigheid van Engels by 
Afrikaanstaliges dikwels 'n sekere taalluiheid in die spreektaal in die hand gewerk.

Leipoldt s verder dat Afrikaans as amptelike taal slegs sy posisie sal kan handhaaf "by becoming an instrument of cultural development 
that can subsist and flourish, not necessarily in opposition to, but alongside of English. To do so, it must display the adaptability, 
virility and wide reach that English undoubtedly possesses." Sedert Leipoldt se uitspraak het Afrikaans 'n literatuur voortgebring wat met 
'n hele paar stemme internasionaal kan meepraat as 'n mens dit byvoorbeeld naas die tydgenootlike Nederlandse literatuur plaas. Indien 
Afrikaans en die Afrikaanse volk vandag moet ondergaan, sal dit ten minste, soos Van Wyk Louw dit in 'n ander verband stel, nie 
"woordeloos" wees nie. Op 'n ander terrein, s Leipoldt, het die beleidmakers Afrikaans beslis benadeel, naamlik in hul keuse van 
voorgeskrewe werke op skool en die stelsel wat in di verband gevolg is. In sy bydrae tot The Cambridge history of the British Empire maak 
hy die boeiende uitspraak dat juis die feit dat Suid-Afrika deur Afrikaans as verpligte skoolvak geleidelik tweetalig word, die prestige 
van die taal teenoor Engels kan laat afneem, "unless Afrikaans can rival the latter in its cultural appeal". Die vraag is of die boeke wat 
die voorskryfkomitees vir bestudering op hul lyste geplaas het, geskikte en aantreklike leesstof vir skoolgebruik was. By herhaling skryf 
Leipoldt in "Diwagasies van oom Gert", sy rubriek in De Volkstem, oor die   stelsel van voorgeskrewe boeke en die wyse waarop letterkunde 
op skool onderrig en geksamineer word.

Wanneer sy aangenome seun, Jeff, wat in die Paarl op kosskool was, probleme met Shakespeare se King Lear as voorgeskrewe werk ondervind, 
skryf Leipoldt in 'n brief aan hom: "Lear is a great play: the fool is one of Shakespeare's best fools; he is the chorus of a Greek play, 
supplying the outsider's view and like Polonius in Hamlet, he tells home truths. You should study the play carefully for it is a great work 
of art -- quite different from the stupid Afrikaans set works." Hy het haas geen woorde om sy afkeer van die keuse van Grosskopf se drama 
'n Esau en   D.F. Malherbe se roman Die hart van Moab as   voorgeskrewe werke te formuleer nie. "The Esau," skryf hy, "is a silly bit of 
work, and the Moab absurdity is too awful for words; it should not be prescribed, but one can do nothing about it, as some fools regard it 
as 'literature'." Waarteen Leipoldt dit dus hier het, is die feit dat die voorgeskrewe tekste in Afrikaans so ongunstig met di in Engels 
vergelyk. Die besluitnemers het, ook lank n Leipoldt se tyd, die dwase metode gevolg om dieselfde stelsel van voorskryf vir albei 
amptelike tale te laat geld. Die gevolg was dat skoliere teenoor 'n roman soos Thomas Hardy se The return of the native C.M. van den Heever 
se Droogte en teenoor Shakespeare se Antony and Cleopatra P.W.S. Schumann se Hantie kom huis toe moes bestudeer. So 'n stelsel van 
voorskryf kon nie die beeld van Afrikaans en sy letterkunde in die o van 'n Engelstalige kind bevorder nie. Daarby het die besluitnemers 
blykbaar die belangrike feit misgekyk dat die Afrikaanse literatuur tot in die middel van die vyftigerjare 'n literatuur was wat veral op 
die gebied van die posie gunstig met ander literature vergelyk. Individuele bundels van digters soos N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman en 
Elisabeth Eybers is egter nooit voorgeskryf nie. Eers in die sestigerjare het werke soos Raka en Joernaal van Jorik vir skoolgebruik in 
aanmerking begin kom. Die skade wat hierdie kortsigtigheid Afrikaans aangedoen het, is haas onberekenbaar.

Maar ook op 'n ander terrein is Afrikaans volgens Leipoldt benadeel, naamlik deur die te vroe afskaling van Nederlands. Sommige van die 
protagoniste van Afrikaans -- en hier het Leipoldt duidelik Langenhoven in gedagte -- het probeer om die ryk skat van die Nederlandse taal 
en literatuur van hulle af te skud, en soos hy dit in The Cambridge history of the British Empire stel, "to look upon the sister language 
and culture as inherently inimical to the development of a real Afrikaans nationalism. That has undoubtedly been detrimental to the natural 
growth of Afrikaans."

Die Nederlandse taal is vir Leipoldt die belangrikste voedingsbron vir Afrikaans, terwyl die Nederlandse letterkunde, soos Van Wyk Louw dit 
later sou stel, vir die Afrikaner 'n belangrike ander "venster" naas di van Engels op die wreld bied. In 'n lesing wat hy in 1946 by die 
Universiteit van die Witwatersrand hou, s Leipoldt dat ons moet wegkom van die eng, nasionalistiese begrip dat Afrikaans selfgenoegsaam is 
en moet onthou dat hy sy wortels in Nederlands het. Afrikaans, s hy, "cannot hope to obtain its best and highest fulfilment by a narrow, 
strictly sectarian, nationalistic interpretation of life, and for Afrikaans writers there can be no honour or gratification in appearing as 
the propagandists of such limited, outworn views".

Waarop Leipoldt met hierdie formulering sinspeel, is die gevaar wat die verknooptheid met 'n bepaalde politieke strewe vir Afrikaans inhou. 
Lank voordat dit deur latere kommentators as iets onrusbarends gesignaleer is, wys Leipoldt daarop, soos hy dit in sy bydrae tot The 
Cambridge history of the British Empire stel, dat Afrikaans "stands in a favoured position because it is the visible sign of Afrikaans 
culture, the expression of the Afrikaans-national ideals of half the white population of the Union. It may be that, to some extent, it has 
gained that position by mistaken political agitation and by too much insistence upon the fallacious slogan that 'the language is wholly the 
people', and that its development has been so rapid that the dangers of too early recognition have been overlooked."

Hoewel die Afrikaanse literatuur aan die groei is, kan die vraag volgens hom nog in 1936 gestel word of die skrywers van di taal met 'n 
kulturele middelmatigheid genoe sal neem of verder sal ontwikkel. "So far," s Leipoldt, "it has been nourished upon a national sentiment 
that is more appreciative of political advantage than of aesthetic and cultural distinction."

Wat hierdie laaste opmerking betref, kan 'n mens s dat die Afrikaanse literatuur sedert die werk van die Dertigers finaal die beperktheid 
van 'n gemoedelike lokale en regionaal beperkte kuns of 'n literatuur in diens van 'n spesifieke politieke party afgel het en hom oor alle 
gebiede van die menslike gees uitspreek. Die vroere hegte verbintenis tussen taal en politiek was egter vir Afrikaans nadelig, in so 'n 
mate dat dit vandag, hoe irrasioneel en onbillik ook al, as die onderdrukkende apartheidstaal uitgekryt word en die skuld van sommige 
gebruikers daarvan moet dra.

Ingebed in die hele Afrikaanse beweging teen omstreeks 1870 was egter, soos dergelike bewegings wreldwyd, 'n baie noue verbintenis tussen 
taal en nasionaliteit. Persoonlik kan ek nie insien hoe 'n vaslegging en uitbouing van 'n jong taal sonder 'n sterk nasionale bewussyn 
verwesenlik kan word nie. Die verskil tussen die Ierse en die Vlaamse beweging aan die een kant en die Afrikaanse beweging aan die ander 
kant is dat die Afrikaner -- en hier bedoel ek die Afrikaner van alle huidskleure -- van die begin af geen territoriaal afgebakende domein 
vir homself alleen gehad het nie. Dit het meegebring dat die Afrikaner, terwyl hy aan die bewind was, sy taal deur wetgewing kon verskans 
en bevoordeel. Toe daardie wetgewing verval of deur die aanspraak van ander bevolkingsgroepe in dieselfde territorium sinledig gemaak is, 
het ook alle "beskerming" verval wat nog in die wetboek aangeteken is. Dit wil my voorkom of die gebruik en behoud van 'n taal soos di van 
ons en in 'n land met 'n bevolkingsamestelling soos di van ons 'n voortdurende waaksaamheid en stryd van sy gebruikers vereis. Prof. J.C. 
Kannemeyer   het vanjaar drie boeke oor C. Louis Leipoldt laat verskyn: Leipoldt -- 'n Lewensverhaal,   So Blomtuin vol van Kleure,   vier 
herinneringstukke van Leipoldt oor sy dorp Clanwilliam met 'n inleiding deur Kannemeyer oor die dorp en sy geskiedenis, en Uit die Skatkis 
van die Slampamperman, 'n Omnibus.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6216.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

